WELKOM  &  DANKIE DAT U BY HMS SE WEBBLAD INSKAKEL.

Responsive devicesHier in die hartjie van die Hoëveld is ‘n skool met die leuse:
“Wees die verskil!”

Ons word so maklik ingeslurp in al die negatiwiteit rondom ons.  Staan op, oë gerig na Bo en Wees die Verskil!  Laat ons as kinders, personeel en ouers se positiewe gesindheid uitkring in die gemeenskap.

To Teach is to touch a life forever!”
Dit beteken dat ELKE kind die geleentheid gebied word om in totaliteit te ontwikkel.  Waardes, akademie, sport, kultuur, tradisie en dissipline is ‘n integrale deel van ons dagtaak.  U as ouer verwag dat ons u kosbaarste besitting (u kind) sal koester, opvoed en gereedmaak vir die lewe.  As personeel besef ons hoe belangrik ons beroep is.

“If we teach TODAY as we taught YESTERDAY, we rob our children of TOMORROW”.
Ons roem ons op ons AKADEMIE.  Met ‘n span hoogs toegewyde, entoesiastiese en gekwalifiseerde personeel verseker ons dat u kind net die beste kry.  Interaktiewe borde met 24 uur internetkonneksie in die klas, verseker dat ons leerders die beste onderrig ontvang.

Verder glo ons dat ‘n netjiese terrein, skoon badkamers, kleurvolle klaskamers en netjiese skooldrag die kind sal lei tot EIE TROTS. 

Die skool is my passie!  Kom word deel van ons gesin!

Kom besoek ons gerus en geniet ‘n heerlike koppie boeretroos saam met ons.

HM Swart groete

CHARLES PENTZ

Kommunikasie Middels

 

Belangrike Datums: Kwartaal 4 - 2025

Oktober

13 Okt 2025

SKOOL OPEN OM 7:25
SAALOPENING

14 Okt 2025

GHOLF: PROEWE

16 Okt 2025

FOTODAG 1: GROEP FOTO'S

17 Okt 2025

GR. R - 7: VERSLAE UIT NA LEERDERS

18 Okt 2025

RADIKALE REDENAARS: NASIONALE FINAAL - L/S CONCORDIA, BOKSBURG

20 Okt 2025

GR. R & RR OORBRUGGING
GHOLF: LIGA RONDTE 1 - WALKER PARK

21 Okt 2025

GR. R & RR OORBRUGGING
KRIEKET: MPU SEMI-FINAAL O/11 @ MIDDELBURG PRIMARY (TUIS) 11:00

22 Okt 2025

FOTODAG 1: INDIVIDUELE FOTO'S
GR. 6: VELDSKOOL

23 Okt 2025

GR. 6: VELDSKOOL

24 Okt 2025

GR. 6: VELDSKOOL

25 Okt 2025

ATLETIEK: SUPERREEKS @ L/S PRESIDENT STEYN

27 Okt 2025

SAALOPENING
AANKONDIGING VAN RAADSHOOFDE 2026
KRIEKET: MPU FINAAL O/11 (27 - 31 OKT TENTATIEF)
GHOLF: LIGA RONDTE 2 - WALKER PARK
BEHEERLIGGAAM VERGADERING

29 Okt 2025

GHOLF: HOËVELDRIFKAMPIOENSKAPPE TE WALKERPARK

31 Okt 2025

GR 7: KOEKVERKOPING
GHOLF: HOËVELDRIFKAMPIOENSKAPPE TE WALKERPARK (ALTERNATIEWE DATUM)
NETBAL: HMS AANDREEKS (TUIS)

November

03 Nov 2025

MERIETEFUNKSIE: GR. 1 - 3
GHOLF: MPUMALANGA SKOLE FINAAL (LAEVELD)

04 Nov 2025

MERIETEFUNKSIE: GR. 4 + 5

05 Nov 2025

MERIETEFUNKSIE: GR. 6 + 7

06 Nov 2025

PRYSUITDELING: GR. 1 - 7
WONDERLAND: GRADEPLEGTIGHEID GR. R

07 Nov 2025

NETBAL: HMS AANDREEKS (TUIS)

08 Nov 2025

RUGBY: O/8 L/S DELMAS (WEG)

10 Nov 2025

SAALOPENING
GHOLF: MPUMALANGA KAMPIOENSKAPPE / PROEWE

12 Nov 2025

TEMADAG: AFSLUITING PIEKNIEK

13 Nov 2025

RUGBY: O/8 KRUINPARK (WEG)

22 Nov 2025

KORPERATIEWE KRIEKETDAG

Desember

01 Des 2025

GHOLF: INTERPROVINSIALE SKOLE TE EKURHULENI

02 Des 2025

GHOLF: INTERPROVINSIALE SKOLE TE EKURHULENI

10 Des 2025

SKOOL SLUIT: LEERDERS
RAPPORTE: 7:00 - 8:00